Local newsNewsNews

Valentynsdag vir die jonges van gees by Mustangs

"Hulle het dit só geniet; ons het gedans dat ons tonge uithang. Hulle het ook in die rolstoele gedans," sê Meisie Barnard, die voorsitter van die Nelspruit Care Buddies.

As jy gewonder het of die oueres van dae nog hope pret kan hê, sou sowat 150 van hulle jou op Valentynsdag by Mustangs – The Dancing Place verbaas het.

Die Nelspruit Care Buddies en Lily Care-bestuur het saamgespan om dié klompie met ‘n regte nagklubbesoekie te bederf.

“Dit was ‘n uitdaging, maar die moeite werd,” sê Meisie Barnard, die voorsitter van die Nelspruit Care Buddies.

LEES OOK: Gemeenskap tree self in om D737 te herstel

“Hulle het dit só geniet; ons het gedans dat ons tonge uithang. Hulle het ook in die rolstoele gedans.”

Die dag sou natuurlik nie moontlik gewees het sonder die hulp van ‘n paar borge nie.

Jaco Swart van Mustangs het die middagete, musiek en die venue geborg. Rooikat Liquors het die koeldrank, water en sekere drankies verskaf. Kind to Hearing en Lowveld Aluminium & Glass het die geskenkpakkies geborg.

LEES OOK: Hoërskool Bergvlam brand met trots

Citybug, Herfsakker, Laeveldrus en JSL Transport het die vervoer verskaf en Hi-Tech het hul paramedici beskikbaar gestel indien dit nodig sou wees.

Barnard het namens die organiseerders al die rolspelers wat die funksie moontlik gemaak, van harte bedank.

Beryl Botha.
> Foto’s: Bartlo Nel
Belia Black en David McCarthy.
Coré en Mike Mellor.
Marie-Anne Wilkens en Tess Lewis.
> Foto’s: Bartlo Nel

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button