Local newsNewsNews

Maroela Makiti keer terug

Die Hervormde Kerk Nelspruit kon in 2020 laas hul jaarlikse Maroela Makiti aanbied, maar is vanjaar uiteindelik weer terug met hope opwinding.

Die Maroela Makiti vind vanjaar op die Hervormde Kerk Nelspruit se terrein in Belladonnastraat plaas. Teken 25 Februarie nou al op jou kalender aan.

Daar is natuurlik ‘n hele reeks maroela-produkte wat op jou wag, maar ook al die ander staatmakers soos vetkoek, kerrie-en-rys, jaffels, pannekoek, nagereg en baie meer.

Uit die Maroela-oord is daar verskeie produkte om na uit te sien, onder meer maroelajellie en -bier.

Die organiseerders het ook nie vergeet van aktiwiteite vir die jeug nie; daar is boog- en kettieskiet.

LEES OOK: Hoërskool Rob Ferreira deel hul ontstaan

Daar sal ook gedans word en jenewer geproe word – dít alles terwyl Debbie Kriel en Anne-Mari die besoekers met hul musiek vermaak.

Skakel Danie Erasmus by 013 741 1455 of 083 365 2785 vir enige navrae.

Daar is nog stalletjies beskikbaar vir uitstallers van buite. Indien jy belangstel, skakel die kerkkantoor by 061 947 3918/ 087 149 0323.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button