Local newsNewsNews

Steve Hofmeyr sing dorpie aan die brand

Steve Hofmeyr het die skare by Buffalo Hotel in Hectorspruit op 11 Februarie met sy bekende liede aan die brand gesing.

Die gewilde sanger, liedjieskrywer, outeur en akteur, Steve Hofmeyr, het Buffalo Hotel se gronde op Vrydagaand aan die brand gesing.

Die kaartjies was lankal reeds uitverkoop, nadat dié vertoning eers op die derde probeerslag ná al die Covid-regulasies die groen lig ontvang het. Vanessa Roets van Radio Laeveld het met behulp van Buffalo Hotel en Skankane Vervoer Steve Hofmeyr se besoek aan die Onderberg ‘n werklikheid gemaak.

Hofmeyr het die mense van die plaaslike klein dorpies verwelkom. Tydens sy vertoning het die skare gelag en saambaljaar toe Hofmeyr sy jare in die musiekbedryf alles aan die gehoor uitgebeeld het.

LEES OOK: Kruie en ouwêreldse gasvryheid op eie werf

Roets het gesê dat dié konsert, hoewel op ‘n kleiner en meer intieme skaal as waaraan Laevelders gewoond is wanneer Steve optree, alle verwagtinge oortref het.

“Ons is so dankbaar vir die mense wat ons ondersteun het en gehelp het om van die vertoning ‘n sukses te maak.”

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button