Local newsNewsNews

Valentynsdagmarkie ‘n groot trekpleister

Die Henk van Rooyen Park in Marlothpark het 'n Valentynsdagmarkie op Saterdag 12 Februarie gereël.

Die Henk van Rooyen Park in die middel van dié vakansiedorpie, het die meeste van die naweek voor Valentynsdag gemaak deur ‘n mark te reël vir daardie Saterdag.

Niki van Heerden van Epa!.

Die park het die inwoners en besoekers die kans gegun om hul kuns en kos daar uit te stal en te verkoop. In die bloedige hitte was daar tuisgemaakte kos, verversings, kuns, speelgoed en geskenke beskikbaar vir die nuuskierige besoekers.

Runé Swart, Hanlie en Giel Nel van Rooi Daisy Diner.

Daar was meer as 30 stalletjies, oorgenoeg vir die kieskeurige kopers, van juwele vir ‘n geliefde tot speelgoed
vir kinders.

LEES OOK: Kruie en ouwêreldse gasvryheid op eie werf

“Ons hou gewoonlik ons markte op die laaste Saterdag van die maand, maar met geleenthede soos Valentynsdag, kon ons nie die kans laat verbygaan om besoekers en inwoners te help om bietjie ekstra geld te maak nie,” het die parkbestuurder, Jay Jay Janse, gesê.

Michelle Kotzé, Rosemary Muldoon en Noeline Nicholls.

Die volgende markie sal op Saterdag 26 Februarie plaasvind.

George Charms.
Sandra Miler Dill-Frazen van Samdra’s Dot Art.
Alida Zeelie, bakster van formaat. Foto’s: Bartlo Nel
William Ashton en Christelle Fourie spog met hul fotografie.
Helen Archibald met haar tuisgemaakte teddiebere.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button