Laerskool Malelane se hoof verteenwoordig skoolhoofde by lekgotla
Die hoof van Laerskool Malelane, Gerben Janse van Rensburg, het alle skoolhoofde in Mpumalanga by die 2022 Basiese Onderwyssektor-lekgotla van 26 tot 28 Januarie as die adjunkpresident van die Suid-Afrikaanse Prinsipaalvereniging verteenwoordig.
Gerben Janse van Rensburg is al agt jaar die skoolhoof van Laerskool Malelane en is sedert 2019 die adjunkpresident van die vereniging. Die vereniging dra die belange van skoolhoofde en onderwys in die breë provinsie op die hart.
Sedert die begin van die Covid-pandemie is hy deel van die konsultasiegroep wat met die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, onderwyssake bespreek het.
LEES OOK: Nelliehart sorg vir nuwe bril
Die oogmerk van die samesprekings was om die sesde admistrasie van basiese onderwys te evalueer. Verlore onderrigtyd, leerders wat skool voortydig verlaat en onderwys oor die algemeen is bespreek.
Die byeenkoms is ‘n jaarlikse instelling waartydens alle rolspelers in die onderwys die geleentheid het om terugvoer oor onderwyskwessies te lewer.
LEES OOK: Kruie en ouwêreldse gasvryheid op eie werf
“Alle rolspelers is dit eens dat die Covid-pandemie ‘n geweldige uitwerking op die onderwysstelsel in Suid-Afrika gehad het. Daar is klem gelê op die feit dat daar wegbeweeg moet word van assessering van leer, en meer klem moet op assessering ter wille van leer gelê word,” het Janse van Rensburg gesê.
Volgens hom moet daar ook na die spektrum van leer gekyk word, vaardighede moet meer ontwikkel word en daar moet meer tyd wees vir die vaslegging en inoefening van inhoud.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
