Local newsNewsNews

‘n Fees van trofees vir Laerskool Nelspruit

Van die 14 trofees wat gelê en wag het om opgeëis te word, het die Nellies by verlede Saterdag se interlaer 11 opgeraap.

Vir Laerskool Nelspruit het dit Saterdag trofees en medaljes gereën. Hierdie welslae het egter nie uit die lug uit geval nie; harde werk en vasberadenheid na die aanloop tot die byeenkoms, was ooglopend en het vrugte afgewerp.

Stefan Augustyn.

Van die 14 trofees wat gelê en wag het om opgeëis te word, het die Nellies 11 opgeraap.

Ook spog die skool met 38 goue medaljes, 28 silwer en 20 brons – ‘n totaal van 86.

Aldo van Jaarsveld.

Drie van die vier toptoekennings pronk ook tans in dié skool se vertoonkas.

Die senior victor ludorum was Aldo van Jaarsveld, en Stefan Augustyn (Nellies) en Joël Akum (Nelspruit Primary) het die junior victor ludorumtrofee gedeel, terwyl Lana Theron as senior victrix ludorum aangewys is.

Kara Broekman. > Foto’s: Johan Orton

LEES OOK: Dis weer tyd vir die gewilde Maroela Makiti

Aldo het ook die toekenning vir die beste baanatleet (seun), beste hekkiesatleet (seun) en beste prestasie vir die dag ingeryg, en Lana het die beste prestasie vir die dag behaal (dogters).

Leander Louw.
Shantel Gama.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button