‘n Fees van ‘n verjaardag vir Franna
Francois Jacobs se soeke na ware liefde (vir die realiteitsreeks Op My Eish!) en 'n verjaardagviering het hom onlangs tot by Blue Moon gebring.
Min mense kan sê hulle het vier bekende bands by hulle verjaardag-vieringe gehad, wat nog te sê net een.
Dit was die geval vir Francois Jacobs die afgelope Saterdag by Blue Moon. Franna Fest, soos die dag gedoop is, was ‘n fees soos min – en met geen tekort aan kameras nie.

Jacobs, bekend vir sy rolle in onder meer Vir die Voëls en Kaalgat Karel, is tans besig met die verfilming van die realiteitsreeks, Op My Eish!, waarin dié jong man na ware liefde op soek is.
Sy soeke het hom tot by Blue Moon gebring, net buite sy tuisdorp. Die reeks is eers in April op die kassie, so wat presies by Blue Moon afgespeel het, sal ons maar moet wag om te sien.

LEES OOK: ‘n Fees van trofees vir Laerskool Nelspruit
Die uitvoerende vervaardiger van die program, Gideon Eksteen, sê die Op my Eish!-span het op 4 Februarie in die stad aangeland met amper 30 bemanningslede plus die deelnemers.
“Ons het afgeskop met ‘n cocktail party waartydens Jacobs en die dames se reis en soeke na liefde begin het. Ons skiet ses dae ‘n week by verskillende toeriste-aanloklikhede regoor die Laeveld.

“Ons is verbaas en verheug oor die ongelooflike aktiwiteite wat die Laeveld bied en Op my Eish! gaan die provinsie ‘n definitief ‘n boost gee wat toerisme betref.”
Eksteen sê Jacobs en sy kollega, Adriaan van As, het die verjaardagfees by Blue Moon gereël waar die span dan ook ‘n gedeelte van ‘n episode geskiet het.

LEES OOK: Steve Hofmeyr sing dorpie aan die brand
“Dit was ‘n groot sukses en ‘n perfekte geleentheid vir Jacobs en die dames om saam ‘n goeie tyd te hê. Ons is nog tot en met 2 Maart in die Laeveld, en dan verfilm ons die laaste episode in Johannesburg. Dit gaan ‘n baie opwindende reeks wees!”
Die bands waarmee hy so bederf is, het The Black Cat Bones, The Tazers, Loufi en Synth Peter ingesluit. Loufi was ongetwyfeld ‘n gunsteling onder die skare.










Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
