Local newsNewsNews

Ons Winkel vier vierde verjaardag

Ter viering van sy vierde bestaansjaar, het Ons Winkel Nelspruit Saterdag 'n bietjie anders as gewoonlik gelyk.

Ons Winkel, ‘n inisiatief van Solidariteit Helpende Hand regoor die land, is by Canary Walk-sentrum geleë en beslis die moeite werd om te besoek.

Jaap Breed.

Ter viering van sy vierde verjaardag het die personeel worsbroodjies buite die winkel verkoop en kolwyntjies gratis aan diegene wat iets gekoop het, uitgedeel. Die Laeveld Boereorkes het vir die vermaak gesorg met ‘n reeks ou gunstelinge, alles deel van die winkel se verjaardagvieringe.

LEES OOK: Steve Hofmeyr sing dorpie aan die brand

Johan en Rina Smit.

Marlene van der Walt, die bestuurder, het gesê die publiek se ondersteuning is vir hulle geweldig belangrik, veral aangesien die fondse wat by hierdie winkels ingesamel word, vir studente se studiegeld aangewend word.

Jan Visser.

Gedurende die week is Ons Winkel Nelspruit vanaf 07:30 tot 17:00 oop, en op Saterdae vanaf 08:00 tot 14:00. Besoek hulle gerus by Besterstraat 8.

Faan Botha.
Elsabé Aylward en Alicia van Luik.
Tienie Wahlstrand.
Ons Winkel Nelspruit het talle kledingstukke en meer om van te kies.
Jannie Visser, Jan Visser, Mike Aylward en Cor Trollip.
Marlene van der Walt.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button