Onderwysers van meer as 30 jaar tree af
Sue de Beer en Sanna Cloete het na jmeer as 30 jaar by Laerskool Malelane as onderwysers hulself legendes gemaak.
Sue de Beer en Sanna Cloete het na jare se veranderinge by Laerskool Malelane steeds getrou gebly. Dié twee onderwysers het elkeen al meer as 30 jaar vir die skool ‘n wêreld geskep waar leerders en onderwysers wat deur die jare gekom en gaan het, gou by die Lanies se tradisies kon aanpas.
De Beer het haar pad met die laerskool in 1984 begin. Sy het in 1983 Laerskool Tzaneen verlaat en besluit om privaat musieklessente gee, waaraan daar destyds ‘n groot behoefte was.

Na ongeveer ‘n jaar het sy die musieksentrum vir omtrent 10 jaar by die skool oorgeneem. Vanaf 1995 het sy voltyds Afrikaans en aardrykskunde begin gee nadat die sentrum se deure gesluit is.
“Deur die jare glo ek dat ek ‘n mentor vir baie jong aspirantonderwysers was.
LEES OOK: Kruie en ouwêreldse gasvryheid op eie werf
Ek het baie studente onder my vlerk gehad en ‘n pad saam met hulle gestap,” het De Beer gesê.
Cloete het in 1991 daar begin aflos en is vier jaar later as ‘n permanente onderwyser aangestel. Sy het deur die jare vir al die grade, uitsluitend gr. 3, skoolgehou, maar haar gunstelingvak was Engels.

Haar geliefkoosde tydverdryf was sport, waartydens sy die atlete gemotiveer het om hulle beste te bereik.
“Ons almal hier by die laerskool is passievolle verkleurmannetjies wat ten spyte van al die veranderinge, moes deurdruk, vanaf swartborde tot witborde, tot Covid en aanlynonderrig,” het Cloete gesê.
Die skoolhoof, Gerben Janse van Rensburg, het aan Corridor Gazette gesê dat De Beer meer energie as die meeste mense die helfte van haar ouderdom het, en dat sy ‘n skitterende onderwyser is wat haar lewe aan die onderwys gewy het.
LEES OOK: Nelliehart sorg vir nuwe bril
Hy het verder bygevoeg dat Cloete ‘n kenner op haar vakgebied is, maar sy het ook besonderse klem op die emosionele welstand van haar leerlinge gelê.
Die twee onderwysers is besig met hulle laaste jaar by die skool. “Hul aftrede aan die einde van die jaar gaan beslis ‘n groot leemte by Laerskool Malelane laat,” het Janse van Rensburg gesê. Die twee onderwysers weet hulle het nie meer baie tyd daar oor nie, maar wel baie kosbare herinneringe.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram