Local newsNewsNews

Rob se spoedvrate sorg vir skouspel

Hoërskool Rob Ferreira, die naaswenners van vanjaar se interhoër, se spoedvrate het oudergewoonte die kalklig gesteel.

Soos verwag was die stryd tussen Rob se seuns en dié van die gasheerskool fel op die klam gras, met ‘n wind van agter.

NHS het egter die oorhand met die velditems gehad, en Rob se seuns moes tevrede wees met ‘n tweede plek met 681 punte teenoor NHS se 790. Die skool se dogterspan het ‘n derde plek met 615 punte behaal, om hul puntetotaal tot 1 296 te bring.

Lizwe Mkhumane.

Drie trofees het na Rob gegaan, en veral Lizwe Mkhumane (s. 14) het die skool se naam hoog gehou. Hy is nie net as die beste junior hekkiesatleet vir die dag aangewys nie, maar het die rekords vir 300 m- en 100 m-hekkies met sy verbysterende spoed en verfynde styl in die slag laat bly.

Dylan Msurarurwa is met sy spogafstand van 14 m en 795 punte op die ASA-tabel as die seuns se driesprongatleet van die dag aangewys.

Katleho Mofokeng.

Ricardo Raubenheimer het sy spies 51,87 m laat seil, en 673 punte en die beste seunspiesgooiatleet ingepalm. Die
s. 17-aflosspan het vir ‘n skouspel gesorg toe hulle nie net goud in ‘n tyd van 42,28 sek. verower het nie, maar ‘n nuwe rekord laat spat het. Dié seuns was Tlotlo Ratshwene, Siyabonga Masinga, Prosper Masinga en Thando Mokoena.

Onder die dogtersatlete het Olwethu Bayisa goud in 400 m (d. 15) behaal en brons in die 800 m. Nsovo Ntlemo het goud in die d. 15-hoogspring (1,53 m) en verspring (5,08 m) behaal.

Caitlin Dehrman.

Charlize Enslin het goud in die d. 14-spiesgooi met ‘n afstand van 24,74 m verower.

ALSO READ: Love in the Lowveld Night Market a success

Goud:

• Lizwe Mkhumane (s. 14) goud in 100 m en 200 m, asook goud en nuwe rekords in 100 m- en 300 m-hekkies
• Prosper Masinga (s. 17) goud in 100 m en silwer in 200 m
• Tlotlo Ratswene (s. 17) goud in 200 m en silwer in 100 m
• Tumiso Letsoalo (s. 15) brons in 200 m, silwer in 400 m, goud in 100 m- en 300 m-hekkies
• Phillisande Sibiya (s. 19) goud in 200 m, silwer in 100 m- en 400 m-hekkies
• Ntando Magudulela (s. 14) goud in 800 m
• Lwandile Mahlangu (s. 16) goud in 110 m-hekkies
• Nhlakanipho Maseko (s. 16) goud in 400 m en 400 m-hekkies
• Katleho Mofokeng (s. 14) goud in hoogspring en brons in verspring
• Dylan Musarurwa (s. 17) goud in verspring en driesprong
• Dawie Ruthven (s.17) goud in spiesgooi
• Ricardo Raubenheimer (s. 19) goud in spiesgooi
• Siyabonga Masina (s. 17) goud in 400 m.

Tlotlo Ratswene.

Silwer:

• Kgotso Machete (s. 17) silwer in 800 m
• Princely Mahngana (s. 14) silwer in 1 500 m
• Mpho Mashego (s. 17) silwer in 3 000 m
• Lungelo Mokoena (s. 16) silwer in 110 m-hekkies
• Matimba Ndawe (s. 14) silwer in 400 m en brons in 300 m-hekkies
• Pieter Quin (s. 19) silwer in hoogspring en spiesgooi en brons in skyfwerp
• Michael Swanepoel (s. 15) silwer in spiesgooi
• Sipesihle Mhkatswa (s. 16) silwer in 100 m
• Londani Ntatikazi (s. 16) silwer in 100 m
• Gabriel Kunene (s. 19) silwer in 100 m
• Lwandle Makhubede (s. 16) brons in 200 m en silwer in 400 m.

Tumiso Letsoalo.

Brons:

• Sheppard Khoza (s. 15) brons in hoogspring en silwer in driesprong (s. 17)
• Prosper Mkonza (s. 15) brons in 100 m, 200 m en 400 m
• Vian Wessels (s. 17) brons in hoogspring
• Daniel Ferreira (s. 17) brons in gewigstoot
• Brian Manzini (s. 19) brons in 200 m.

Olwethu Bayisa.

Silwer:

• Gene Lee Coetser (d. 17) silwer in gewigstoot
• Caitlin Dehrman (d. 17) hoogspring.

Tlotlo Ratswene.

Brons:

• Ame Quin (d. 15) brons in spiesgooi
• Danielle Gouws (d. 19) brons in hoogspring
• Tintswalo Khoza (d. 16) brons in hoogspring
• Andisa Nyakane (d. 15) brons in hoogspring
• Anna Boyce (d. 17) brons in 400 m-hekkies
• Lesego Mashele (d. 19) brons in 100 m-hekkies
• Erin Merensky (d. 17) brons in 100 m-hekkies
• Christy Veldman (d. 19) brons in 1 500 m
• Else Marie van Zyl (d. 17) brons in 800 m
• Sethu Mathebula (d. 14) brons in 200 m
• Khanyisa Nyezi (d. 14) brons in gewigstoot.

Pieter Quinn.

Prosper Masinga.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button