Local newsNewsNews

Fees van die brandbekke

Meer as 15 plaaslike vervaardigers van peri-perisouse en ingelegde lekkernye, van geurig tot sterk branderig, sal te proe en te koop aangebied word.

“Gooi rooi” is die tema van die eerste Laeveld Peri- Peri & Pepersousskou wat Sondag 13 Maart by Eagles View buite die stad gehou word.

Meer as 15 plaaslike vervaardigers van peri-perisouse en ingelegde lekkernye, van geurig tot sterk branderig, sal te proe en te koop aangebied word.

Ou tradionele geregte wat al eie aan die Laeveld geword het, sal te koop wees, soos peri-peri-hoender op ‘n oop vuur gebraai, ook bekend as chicken dust hier in ons streke, peri-peri-slaptjips soos dit die eerste keer in Hectorspruit voorgesit is en waarvoor die Laevelders vandag nog toustaan, Sao se karavaanprego’s en die peri-perigarnale wat vroeër jare ‘n groot gunsteling by die Laeveldskou was. ‘n Kontantkroeg en baie koue drinkgoed om die brand in die mond te blus, sal beskikbaar wees.

LEES OOK: Interhoër 2022: Nellies nog eens stewig op die kruin!

Die geleentheid val saam met die kwartaalikse Bleedathon, ‘n gereelde korporatiewe bloedskenkuitdaging. Kom kies vir jou ‘n span en kom skenk bloed. Die span wat die meeste skenkings doen, is die wenner.

Besoekers words genooi om van die gunstelingsouse te proe en te beoordeel, met lekker geskenkpakke, flesse en bottels met die verskillende brandsouse wat in ‘n trekking te wen is.

Die smaakavontuurlustiges word ook uitgedaag om hulle blikkele tot die uiterste te beproef en weg te stap met ‘n gesogte Gooi Rooi of Brand Hom Dood T-hemp wat net aan die mees vreesloses oorhandig sal word.

LEES OOK: Bergvlam het die gees

Eagles Nest is die oefenbof- en avontuurpark op die Uitkyk-pad net anderkant Steiltes. Die byeenkoms begin om 10:00 en duur tot 15:00.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button