Local newsLocal sportNewsNewsSport

Komatipoort Akademie-atlete pak interlaer aan aan

Komatipoort Akademie het op 25 Februarie aan die interlaer by Laerskool Graskop deelgeneem en 'n hele klompie atlete het medaljes ontvang.

Die skool het altesaam 20 medaljes ingesamel: vier goud, 12 silwer en vier brons.

Die laerskool het na ‘n uitdagende dag algeheel sewende geëindig. ‘n Paar van die atlete het hier uitgeblink, soos Regehardt Small wat ‘n goud gewen het vir die seuns o. 12 se 75 m-hekkies wat hy in 13,41 sek. gehardloop het.

Nicke Meyer.

Ivan Small het in die seuns o. 10 se gewigstoot met ‘n afstand van 8,45 m met goud gespog.

LEES OOK: Lydenburg se dirigent beste vir die dag by interhoer

Die skool se topatleet vir die dag, Tiane Allerston, het vier medaljes, twee goud en twee silwer, vir al haar items ingepalm. Sy het die dogters o. 11-hoogspring gewen met ‘n hoogte van 1,25 m en oor die 70 m-hekkies met ‘n tyd van 13,54 sek. geseil.

Jaden Meyer.

Sy het vir beide verspring en gewigstoot silwer ontvang, met ‘n afstand van 3,57 m vir haar spronge en 7,22 m vir gewigstoot.

Ian Lourens.
Reghardt Small.
Gerhard du Plessis.
Lienke Vorster.
Adriaan du Plessis. Foto’s: Bartlo Nel
Jan-Hendrik Small.
Janco Dekker.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button