Malelane Ringbalklub nou weer volstoom aan die gang en slaggereed
Die Malelane Ringbalklub is weer aan die rol nadat inwoners van dié dorpie die ringbalseisoen op 19 Februarie afgeskop het.
Die klub het op die lotingsdag op 19 Februarie in Mbombela, die jaar begin deur hul eerste paar wedstryde te speel.
Die manspan het ook op 26 Februarie wedstryde teen die Warriors, ‘n klub van Mbombela, gespeel.

“Elke wedstryd is vir ons ‘n leerskool en ons sien uit na wat die seisoen vir ons inhou,” het Angelique Rossouw, een van die klubspelers, gesê.
Ringbal is ‘n eg Suid-Afrikaanse sport wat al vir jare gespeel word. Dit is ‘n kombinasie van netbal en basketbal. Nege spelers speel aan ‘n kant, en het net soos netbal en basketbal verdedigers en aanvallers.
LEES OOK: Komatipoort Akademie-atlete pak interlaer aan aan
Malalaners geniet die samekomste al vir jare, maar hierdie jaar het die ringbalklub omtrent vlam gevat.

“Die ringbalklub van Malalane is weer volstoom aan die gang. Ons het ‘n man- en ‘n damespan wat aan die Ehlanzeni-liga deelneem. Die spanne het elkeen baie nuwe spelers wat vanjaar vir die eerste keer begin ringbal speel het,” het Rossouw bygevoeg.
LEES OOK: Lydenburg se dirigent beste vir die dag by interhoer

Indien daar enige belangstelling is om by die klub aan te sluit, kontak Angelique Rossouw by 064 654 9020. Die klub oefen by die dorp se ringbalbane, elke Dinsdag- en Donderdagaand van 18:00 tot 19:00.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
