Local newsNewsNews

Hazyview Landsdiensklub gaan inheems by naweekkamp by Ons Plek

Die Landsdiensklub het van 11 tot 13 Maart hulle jaarlikse klubkamp by Ons Plek gehou. Laerskool Numbi en Rob Ferreira se leerders het aan uitdagings deelgeneem.

Laerskool Numbi en Hoërskool Rob Ferreira se leerders het die meeste van die naweek gemaak. Die leerders is in spanne verdeel met die doel om mekaar uit te daag in verskeie prettige take.

Twee-en-sestig leerders van gr. 5 tot 7 en sewe onderwysers het die kamp die jaar bygewoon, en het Hoërskool Rob Ferreira uitgenooi om vir die eerste keer deel te wees van die Landsdiens. Sewentien van Rob se leerders en twee onderwysers het saam gaan kamp.

Die laerskoolkinders was in vier spanne opgedeel. Die geel span het Sunlight geheet, die groenes was Plankton, die rooi span was die Danger Force en die bloues die Blou Bulle, en die hoërskoolkinders se oranje span was die Dynamites.

Die kamp het ‘n geleentheid vir vele kreatiewe aktiwiteite gebied. Die spanne moes hul eie spanklere ontwerp, krete uitdink, handewerk verrig, skyfskiet en ook in ‘n konsert opvoer. Die tema van Landsdiens was hierdie jaar “Inheems is in en uitheems is uit”.

By die kamp het Laerskool Numbi se klub vir hulle Landsdiensvoorsitter gestem. Nea Ferreira is aangewys was as voorsitter en Christiaan Lategan as ondervoorsitter.

Daniël Ferreira.

LEES OOK: Last roar from well-known lion of Lionspruit echoes through Marloth Park

Numbi en Rob het ook hul sterkste leiers gekies om op 13 Mei by Sunlight Falls in die Sappi-plantasies buite Graskop aan hul jaarlikse Survivor-tema kamp te gaan deelneem. Daar is 18 leerders van gr. 6 en 7 en 11 hoërskoolleerders gekies.

Mawenso Khalenga en Thandolwethu Malope.

By die kamp gaan hulle vir 24 uur op hul eie in die natuur moet oorleef, en daar sal die sterkstes gekies word om hulle skole in Junie by die provinsiale kamp te gaan verteenwoordig.

Renier Lourens, ‘n oud- Mpumalanga Landsdienslid en deelnemer van SA Survivor 2021, gaan ook die kamp met die Landsdiensklub meemaak en die leerders meer leer van wat oorlewing regtig behels.

Christiaan Lategan en Nea Ferreira.
Michelle Bosch.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button