Vrywilligers bemoedig by Step in Lydenburg
Meer as 100 maaltye word daagliks by die Step Foundation se sorgsentrum voorsien, en meer vrywilligers word dringend benodig.

Die lang rye minderbevoorregtes kan reeds van vroegdag voor die kantore in Viljoenstaat gesien word.
Op Donderdag 4 Augustus het ds. Antoinette Wilson van die NG Lydenburg-Suid die mense wat by Step hulp ontvang gaan toespreek met die oog om hulle te inspireer.

Op Dinsdag 26 Julie het past. Dries Strydom van AGS Lydenburg by Step gaan kuier. Hy het die boodskap oorgedra dat elkeen ’n keuse het ten spyte van swaarkry.
Beide het ‘n vrolike en dramatiese aangebieding gelewer met ‘n boodskap vir elkeen.
Step het oor die afgelope paar weke verskeie leeraars, dominees en pastore genader om met die mense wat daar hulp ontvang te gesels.
Step is ‘n organisasie sonder winsoogmerk en bied bystand aan hulpbehoewende persone in die Lydenburg-gemeenskap. Die aantal geregistreede perone op sy boeke verteenwoordig ongeveer 150 huishoudings.
- Past. Dries Strydom.
Die organisasie is ook betrokke by die plaaslike aftreeoord waar bejaardes minstens een maal per week ‘n gebalanseerde maaltyd ontvang. Hy ondersteun ook die lede om hulle CV’s op datum te bring, bied gebedsbediening aan en ondersteun diegene wat met verlawing worstel.
Lees ook: Kleuters geniet veiligheidspraatjie
Korporatiewe liefdadigheidsbydraes bied ook ‘n korting op inkomstebelasting deur middel van ‘n Artikel 18A-sertifikaat, wat die Step Foundation kan uitreik nadat so ‘n skending ontvang is. Kos- en klereskenking is altyd welkom.
Diegene wat as vrywilligers betrokke wil raak, kan Hester van Zijl by 083 945 2838 of Rika Saayman by 072 630 8173 skakel.


Diegene wat as vrywilligers betrokke wil raak, kan Hester van Zijl by 083 945 2838 of Rika Saayman by 072 630 8173 skakel.
