Local newsNews

Humor en musiek sorg vir feestelike Face of LHS

Schalk Bezuidenhout skerts en gehoor skater.

‘n Pittige grappie oor die dorp se slaggate is vir niemand meer vreemd nie.
Maar toe Schalk Bezuidenhout, die seremoniemeester van die Face of LHS, daarmee afskop, het die gehoor geweet nog baie lagspiere gaan geprikkel word.
Die gesellige aand het op Woensdag 19 Oktober by Hoërskool Lydenburg plaasgevind.
Die Face of LHS se seunsafdeling is deur Danie Grobler gewen. Boikano Lesfue het met die dogtersafdeling se kroon weggestap.

Danie Grobler (links), Schalk Bezuidenhout en Boikano Lesufi.

Die ander wenners was Bonolo Maunye en Oratile Mohlala (Mnr. en Mej. Persoonlikheid), Zipho Qwabe en Elandri Els (Mnr. en Mej. Fotogenies). Mia Broodryk (eerste prinses), Divan Muller (eerste prins), Oratile Mohlala (tweede prinses) en Stefan van der Berg (tweede prins).
Soné Joubert, wat die tweede plek in The Voice SA in 2019 behaal het, het twee sangitems gelewer. Sy het sommer gou vir die gehoor “Second Hand Heart” se woorde geleer sodat hulle saam met haar kon sing.
Die beoordelaars was ds. Johan Koen, Linelle Watermeyer, Anita Silinda, Yvette Labuschagne en Nadia Jamadar.
Dansitems deur Rosemarie Middleton Dance Centre was indrukwekkend.

Die titelhouers van Face of LHS 2021, Tino Makamure en Latoya Mabuya, het hul krone aan die wenners oorhandig.

Brendon McLaren het ook ‘n item gelewer, “Cowboy rocks”. McLaren is ‘n afrigter by RMDC, maar is ook ‘n professionele danser. Hy het ook die finaliste se dansitems uitgewerk, voor hulle met die formele dragafdeling begin het.
Al die finaliste moes hierdie kompetisie gebruik om na organisasies sonder winsoogmerk uit te reik.

Die beoordelaars en aanbieder: ds. Johan Koen, Schalk Bezuidenhout, Linelle Watermeyer, Anita Silinda, Yvette Labuschagne en Nadia Jamadar.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button