Local newsNews

Plaasfees ‘n lekkerte vir Lydenburgers

'n Honderasseuitstalling, rodeo, hoefsmid- en skaapskeerdemonstrasie is deel van die pret, plus onder meer 'n optrede deur die groep, Jan Jan Jan. 

Die Longtom Plaasfees vind op Saterdag 5 November by Laske Nakke Lodge plaas.
Dr. Marietjie Malan en haar span van die Longtom Dierekliniek beplan reeds etlike maande aan hierdie fees.
Die hekke open om 09:00 vir die publiek en om 09:30 is daar reeds ‘n hoefsmiddemonstrasie. Die smid sal demonstreer hoe perdeskoene gemaak word en perdehoewe beslaan word.

Kaartjies kos R150 vir volwassenes en hoërskoolkinders, R80 vir laerskoolkinders, R40 vir kleuters en toegang is gratis vir vierjariges en onder. Kaartjies is by die hekke beskikbaar (slegs kontant) of by Longtom Dierekliniek (Viljoenstraat 8).

Behalwe al die items op die program, kan feesgangers ook die verskeie stalletjies besoek. Teen 10:00 begin die groot aksie met ‘n rodeo en om 11:00 is daar ‘n skaapskeerdemonstrasie. Die tweede rodeovertoning is om 15:00.

Die musiekgroep Jan Jan Jan tree by die Plaasfees op. Foto verskaf.

‘n Honderasseuitstalling vind om 12:00 plaas, en deur die loop van die middag tree plaaslike sangers soos Nicolene Breytenbach op. ‘n Nuweling op die sangtoneel is die jonge Ilanca van Wyk (14), wat ook ‘n vertoning gaan lewer.
Diegene wat die loopplank wil aandurf, kan om 14:00 regstaan vir Mnr. en Mev. Plasie. Teen 15:30 sal die beste stalletjies aangewys word, asook die ander wenners van kompetisies deur die dag.

Die groep Jan Jan Jan, die Afrikaanse musieksensasie, tree om 16:30 op. Jan Jan Jan het met hul stywe kortbroeke die land laat regop sit met hul enkelsnit “Wys jou vleis”.
Direk daarna is dit tyd vir Deon Groot se vertoning om 17:30. Behalwe al hierdie aksie deur die dag, sal Inferno Fireflies om 19:00 ‘n vuurvertoning lewer. Die sanger, Ivan Roux, se vertoning begin om 20:15.
Toegang is R150 per persoon. Navrae: 071 285 8122 of 073 181 3022.

Luné Albrecht, Anli Cross, dr. Anika Daneel, dr. Marietjie Malan en Cameron Cruse is vuur en vlam vir die opkomende naweek se Longtom Plaasfees wat hulle aanbied.
Lees ook: Ondersteun Lydenburg Dienssentrum se fondsinsamelingsdag

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button