Local newsNews

Vyftien beeste deur weerlig doodgeslaan

Grootskaalse verlies van beeste het op vier plase plaasgevind.

In totaal is vyftien beeste doodgeslaan, waarvan die Steelburger/Lydenburg Nuus bewus is. Twee van die beeste is op ‘n plaas naby Dullstroom doodgeslaan, een op Badfontein, drie naby Middelburg en nege op Zuikerboschhoek (tussen Lydenburg en Dullstroom).

Dr. Marietjie Malan, ‘n veearts van die Longtom Dierekliniek, het gesê nege van die beeste was verse. Sy het verlede week binne ‘n tydperk van drie dae hierdie plase besoek.
Alhoewel die verse ‘n geskatte waarde van R10 000 tot R15 000 het, sou hulle oor hul leeftyd ‘n baie groter wins vir die boere gebring het.

Een van die beeste was besig om water te drink. Daar is geskroeide gras rondom die beeste, langs die waterkrip.

“Vee wat deur weerlig geslaan word, word ook nie sommer deur roofdiere gevreet nie. Hulle blaas op, en miskien sal die roofdier ‘n hap uit die bees se anus neem, maar dis al,” het Malan gesê.

Sy het ook genoem dat sommige beeste aan die natuur se elemente oorgelaat word, soos reën en hael. Hulle beweeg gewoonlik na kliprante in die veld sodra die weer opsteek. Die rotse op hierdie rantjies is ook hoër geleë, en net soos onder bome, is die beeste nie daar veilig nie. “Dis ‘n verskriklike verlies vir die boere, want daar is geen afkeermetode vir hierdie beeste wat in die veld wei nie,” het Malan gesê.

Lees ook: Verdagtes val plaaseienaar aan op Badfontein

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button