Badfontein-pad eis jongman se lewe, tweede is ernstig beseer
'n Man is met die impak teen 'n vragmotor opslag oorlede.

Op Saterdag 5 November is ‘n Mitsubishi Tritro in ‘n botsing met ‘n vragmotor op die Badfontein-pad (R36), buite Lydenburg, betrokke.
Die botsing het omstreeks 12:40 plaasgevind.
Een van twee jong mans is aan moontlike hoofbeserings oorlede. Die ander is ernstig beseer.

Netcare 911 se ambulansdienste het die beseerde na die Lydenburg Hospitaal gehaas en hy is daar gestabiliseer. Hy is van daar per helikopter na die Netcare 911 Milpark Hospitaal in Johannesburg geneem.
SOS Towing, Thaba Chweu se nooddienste, Netcare 911 en Lydenburg SAPD was op die toneel.
Die naam van die oorledene en beseerde is aan Steelburger/Lydenburg Nuus bekend. Meer inligting sal gedeel word sodra die twee mans se gesinne opgespoor en in kennis gestel is.


Lees ook: Landbou-unies soek antwoorde oor Mpumalanga-boere hul lewens verloor
