Local newsNews

NG Suid-gemeente in Lydenburg se kermis ‘n reusesukses

Die kermis se tema was "om die wêreld", en elke stalletjie het 'n land verteenwoordig.

Een van die gewildste gebeure op die dorp se kalender, die NG Kerk-Suid se kermis, het op Saterdag plaasgevind.
Die jonges van dae kon reeds Vrydag aan ‘n koekversieringskompetisie deelneem. Die kermis se tema was “om die wêreld”, en elke stalletjie het ‘n land verteenwoordig.

Lees ook: Ondersteun Lydenburg Dienssentrum se fondsinsamelingsdag

Diegene wat by die Meksiko-stalletjie in die ry geval het, kon ‘n heerlike dis met avokado en salsa geniet.
Daar was ook nie ‘n gewone nageregtafel of die outydste basaarpoedings nie. ‘n Paar “ingevoerde” Nederlanders het die lekkernye daar opgedis.

Bea Boshoff met die haaspoppe wat te koop was.

Die gaste kon heerlike ontbyt eet, groente aanskaf en speletjies speel, en die kinders het ook tougestaan vir gesigverf.
Die kerk bied jaarliks ‘n hindernisbaan aan en die kinders kruip deur modder. Hulle moet ook op hul balans staatmaak om met toue en swaaie die eindpunt te bereik.
Ds. Fred en ds. Antoinette Wilson het die lidmate bedank wat die kermis weer eens met alle ywer aangepak het, asook die gemeenskap wat dit ondersteun het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button