Vermeende kaper aangekeer ná jaagtog op Badfontein-pad, ‘n ander in Lydenburg
Hierdie gemeenskapspolisiēringsforums en sekuriteitsfirmas het nie op hulle laat wag nie. Toe 'n vermeende kaper met 'n bakkie laat spaander, was hulle gou agterna.

Omstreeks 13:00 vanmiddag, 9 November, was daar ‘n poging om ‘n vrou te kaap te kaap in Lydenburg
Sy is uit haar grys Toyota Fortuner geboender. Een van die vermeende kapers het daarin gespring en weggejaag – selfs vir sy makker.
Lees ook: Swaaiende sterte steel harte by Longtom Plaasfees
Dié kon nie vinnig genoeg by die Fortuner inspring nie. Hy is deur petroljoggies en lede van die gemeenskap aangekeer toe hy wou vlug.

Die vermeende kaper in die Fortuner het in Badfontein se rigting ontsnap. Hy het op een van die Rustenburggrondpaaie afgedraai.
Die boere en gemeenskapspolisiëringsforum-lede het geweet dis ‘n sirkelroete, en die verdagte ingewag.
Volgens sers. Cave Dibakane, die Lydenburg SAPD se woordvoerder, is die een verdagte in die dorp gearresteer en die ander in Badfontein. Die Toyota Fortuner is teruggevind.
