Local news

Pad na Bateleur Landgoed in Mbombela herstel

Die ontwikkelaars van Bateleur Landgoed het in samewerking met die Stad van Mbombela die herseëlwerk van dié pad hanteer.

Die inwoners van Bateleur en omgewing het die afgelope 18 maande toenemende uitdagings ervaar met slaggate op die The Rest-pad.

Dit het toegang tot die area belemmer.

Hierdie is nie ‘n probleem wat uniek tot hierdie woonbuurt is nie, en veroorsaak probleme in verskeie dele in die stad.

Die ontwikkelaars van Bateleur sê dit is vir hulle belangrik dat die direkte omliggende omgewing met die standaard van die landgoed self strook.

LEES OOK: Vermeende kaper aangekeer ná jaagtog op Badfontein-pad, ‘n ander in Lydenburg

So het hulle dit goedgedink om in samewerking met die Stad van Mbombela die herseëlwerk te hanteer. Die ontwikkelaars het besluit om ‘n nasionale teerspan te nader wat die nodige herstel- en seëlwerk van die pad kon behartig.

‘n Plaaslike kontrakteur het eerstens met sorg voorbereidings op die bestaande padoppervlak gemaak. Alle slaggate en krake is herstel. Daarna is die pad met twee seëllae bedek.

Die herstelwerk sal verseker dat die onderhoud vir die volgende paar jaar minimaal gaan wees en dat die basis van die pad vir ongeveer agt tot 10 jaar beskerm sal word.

LEES OOK: IN FOTO’S: Boeredag buite Mbombela ‘n lekker saamkuiersukses

Bykomend tot die herseëlprojek is die stormwaterkanaal ook tot by die einde van die teerpad verleng om water effektief van die padoppervlakte af weg te lei. Padmerke sal binnekort aangebring word om die projek te voltooi.

Van die rolpelers van hierdie projek, Ian Vosloo, Jakkie van Heerden en Louise Snyman.

“Ons is toegewyd om die kliënte wat in Bateleur Landgoed belê het, se belange sover as moontlik te beskerm en ook op ‘n unieke manier ‘n bydrae tot die gemeenskap te maak. Enigiemand wil graag sy tuiste in ‘n mooi en gemaklike omgewing nader. Die opgradering van die toegangspad maak ‘n reuseverskil aan elke inwoner van Bateleur en die omgewing,” sê die ontwikkelaars.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button