Local newsNews

Huldeblyke stroom in vir jong man van Lydenburg na sy dood in botsing

Die 30-jarige Chris Steenekamp is na 'n botsing op die Ohrigstad-pad (R36) oorlede.

’n Grubotsing het Saterdag die lewe van ’n jong man geëis in Lydenburg. Die 30-jarige Chris Steenekamp het volgens ooggetuies glo met ’n Nissan Infiniti teen ’n boom gebots nadat hy beheer oor die motor verloor het. Die botsing het omstreeks 08:00 op die Ohrigstad-pad (R36), sowat 5 km langs Impangeli Inn buite die dorp, plaasgevind.

Rodger Delport was net besig om die tekenbordjies uit te sit dat die onderneming nou oop was om klante vir die dag te ontvang. Die Infiniti het die boom getref. Die boom is ontwortel en met die impak het die motor op sy dak gerol.

Die Thaba Chweu Nooddienste, insleepdienste en ander noodwerkers het almal binne minute van mekaar stilgehou.

Die ontwortelde boom met die Nissan Infiniti in die agtergrond.

Steenekamp was onderweg vanaf sy familieplaas, naby die Spekboombrug, op pad na Lydenburg. Hy was in die motorwrak vasgekeer en is op impak dood. “Netcare 911 was eerste op die toneel. Die Thaba Chweu Nooddienste, insleepdienste en ander noodwerkers het almal binne minute van mekaar stilgehou. Ek en my man, Alwyn, asook ons personeel van Impangeli Inn, wil ons innige meegevoel aan die Steenekampfamilie betuig. Ons harte gaan na hulle uit,” het Linda Burger gesê.

Steenekamp het op Lydenburg grootgeword en was ’n leerder van Laer- en Hoërskool Lydenburg.

Sy ouers, Hans en Karin, het die gemeenskap vir hul ongelooflike ondersteuning na Chris se dood bedank. ’n Afskeidsdiens vind Saterdag om 11:00 in die Hervormde Kerk Lydenburg plaas.

Die ongelukstoneel.

Lees ook: Twee boesemvriende in grubotsing in Lydenburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button