Local newsNews

Laaste kuier voor Kersfees vir Oostra Rusoord-woonstelle Lydenburg

Om bejaardes met ’n heerlike Kersmaal en geskenkies te bederf, val so reg in die gees van die komende feestyd.

Op 27 November het die Oostra Rusoordwoonstelle hul afskeid by die Lydenburg Gholfklub gehou. Die sowat 40 woonstelle se inwoners het, behalwe vir ’n heerlike ete, ook geskenkies ontvang.

Die kleuters van Babbelkousies Kleuterskool het dit uitgedeel en spesiaal ’n liedjie vir die gaste gesing.
Oostra se beheerraad, Manie Kruger, Ria Kruger, Bert Venter, Rykie Hattingh, Schalk van Aswegen en Naomi van Niekerk het almal vir hul bywoning bedank.

Lees ook: Pret by Hervormde Kerk Lydenburg se gholfdag

Kruger en ’n vriendin, Stompie Kruger, en ander vrywilligers het geen moeite ontsien om ’n heerlike middagete aan te
bied nie. Die hele funksie is met behulp van die volgende borge aangebied: Zizwe, Longtom SUPERSPAR, Otees Cash
and Carry, Lydenburg Brake and Clutch, Foto Flash, Ranga Tanga, RE/MAX, Jaco Coetser, Bubbles and Bangles,
Lappies Labuschagne, Kraaines, Bruce en Denise James, Neil en Alida Engelbrecht, Avon, CG Services, Koos Scheepers en
Beauty Box.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button