Local newsNews

Kersvader het sy rondtes op Lydenburg gedoen

Hierdie kinderharte het sommer warmer geklop toe hulle ook iets vir Kersfees gekry het.

Die kinders se gesiggies het behoorlik gestraal toe Kersvader sommer van agterop ‘n bakkie vir hulle geskenkpakkies en lekkergoed uitgedeel het.

Wings of Gratitude het Vrydag 23 Desember by vyf verskillende winkelparkeerareas op Lydenburg gestop, waar die ouers en kinders vir hulle gewag het.

Dit was ‘n feestelike geleentheid. Sommiges het Kersliedere gesing en saam met die konvooi van plek tot plek gery.

Hierdie is al ‘n jaarlikse tradisie.

Behalwe die lekkergoedpakkies en klein geskenkies, is daar ook vandeesweek meer as 415 emmers met kos aan minderbevoorregte bejaardes oorhandig. Die oorspronklike mikpunt was 300 emmers.

Wings of Gratitude, ‘n organisasie sonder winsoogmerk, wil graag elke persoon wat ’n emmer gekoop het en die lekkergoedpakkies moontlik gemaak het, bedank, asook die borge en besighede wat Vrydagaand gehelp het. Om skenkings te maak skakel Toinette Keel by 072 680 2434

Die kinders het omtrent ‘n fees gehad.

Geniet die fotogalery hier:

Back to top button