Local news

Jongelinge gaan in Sudwala-grotte sing

Ondersteun gerus hierdie jong Mbombela-sangers in die Sudwala-grotte op 6 Januarie.

‘n Groep jong sangers, meestal plaaslik, nooi jou uit om op 6 Januarie in die Sudwala-grotte by hulle aan te sluit.

Die hooforganiseerder, Berno Venter, en vier van sy vriende hoop om blootstelling in die musiekbedryf deur hierdie vertoning, getiteld Venter en vriende, te kry.

“Met hierdie inisiatief was dit my plan om blootstelling vir jong kunstenaars te gee, onder andere my vriende wat ook die industrie wil betree. Ons is almal 17 en meestal van rondom Mbombela.”

LEES OOK: Laeveld in 2023 op kykNET te sien

Die jonges wat by hom aansluit is Neelsie van Dyk, Michelle de Lange, Juvan Sewenster en Reney Wessels. Al die sangers is in Hoërskool Nelspruit, behalwe Reney, wat van Groblersdal af is.

> Foto: HH Photography and Design

Die vertoning gaan ‘n kombinasie van bekende liedjies wees met ‘n gemaklike, eenvoudige atmosfeer. Kaartjies is op Quicket teen R130 per persoon beskikbaar. Die vertoning begin om 17:30.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button