Badfontein-pad buite Lydenburg nou éérs onbegaanbaar
250 vragmotors n 'n ry sonder 'n pad om uit modder te beweeg en padgebruikers ry twee ure aan 30km.

Onlangse reënbuie het die R36 na Badfontein net nog meer onbegaanbaar gemaak.
Een van die nabygeleë lodge-eienaars het gesê sedert Desember het die situasie net gevaarliker geword, en dat die vragmotors in die modder
vasval. Die motoriste moet steeds van die Rietfontein/Rustenburg-sekondêre pad as alternatief gebruik maak.
Lees ook: Bergvlam matriculant obtains seven distinctions despite rare disease
“Die Badfontein-gemeenskap is hoopvol dat die padwerke in 2023 ’n positiewe uitwerking op die toerismebedryf sal hê. Verskeie forelplase en ander vakansiebestemmings, soos die Kwenadam, is in dié omgewing. Baie mense gebruik hierdie pad om Machadodorp toe te ry,” het die eienaar gesê.
Op sosiale media het dit reeds van Sondag 29 Januarie laatmiddag af gegons dat baie mense nie die volgende dag by Lydenburg sal kan uitkom nie. Met die alternatiewe roete moet motoriste besluit of hulle in Bambi se rigting op die N4 na Belfast wil ry, en dan deur Dullstroom na Lydenburg.
’n Bestuurskomitee is in 2021 gestig uit verteenwoordigers van vervoer- en mynmaatskappye, gemeenskappe,
plaaslike sakeondernemings, die Lydenburg/
Mashishing-sakekamer en die provinsiale regering. Hierdie komitee het toegesien dat die gedeelte vanaf Kwenadam 20 km buite Lydenburg tot by die Bambi-afrit verbeter is. Die gedeelte wat tans onder konstruksie is, val onder die provinsiale padwerke se afdeling.
‘n Konstruksiemaatskappy is tans besig met herstelwerk op die pad maar dit word belemmer deur die reën en groot getal verkeerd wat die pad moet verduur.
Vusi Mona, woordvoerder van die SA Nasionale Padagentskap (Sanral), het aangedui dat daar tans geen nuwe inligting rakende die padopgradering is nie, en dat Sanral die spoedige herstel in sy 2023-begroting ingewerk het. Mona het bevestig dat Sanral bewus is van die uitdagings op die gemeenskap en sake-eienaars wat die pad moet gebruik.

