AdvertorialSponsored

GEBORG | Hoe om jou WVF-voordele te eis: ’n Gids

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het ten doel om jou te ondersteun.

Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) het ten doel om jou te ondersteun wanneer jy jou werk verloor, tydelik ongeskik verklaar word of selfs wanneer jy met kraamverlof gaan. Om dié voordele te kan eis, is dit egter noodsaaklik dat jy die regte dokumente byderhand het, waarvan die belangrikste een die UI-19-vorm is.

Waarom is die UI-19-vorm belangrik?

Dié vorm is ’n vereiste volgens die Wet op Werkloosheidsversekering. Jou werkgewer móét dit voltooi en aan jou voorsien wanneer jou diens eindig. Sonder hierdie vorm kan jy nie ’n eis by die WVF indien nie. Dit bevestig jou werkgeskiedenis en dien as bewys dat jy en jou werkgewer by die fonds geregistreer is.

Jy kan voordele van die WVF eis as:

  • jy by die WVF geregistreer is;
  • jy jou bydraes gereeld betaal het;
  • jou diens beëindig is deur aflegging, afdanking of kontrakverstryking;
  • jy tydelik nie kan werk nie weens siekte of besering;
  • jy met kraamverlof is en ’n verminderde salaris ontvang; of
  • jy ’n kind jonger as twee jaar aangeneem het. Afhanklikes van ’n bydraer wat oorlede is kan ook sterftevoordele van die fonds eis.

Voordele van die WVF

  • Werkloosheidsvoordele
  •  Siektevoordele
  • Kraamvoordele
  • Aannemingsvoordele
  •  Sterftevoordele

Watter dokumente het jy nodig?

Om jou WVF-eis te ondersteun, moet jy die volgende gereed hê:

  • ’n geldige Suid-Afrikaanse ID;
  • jou laaste ses salarisstrokies;
  • jou UI-19-vorm;
  • ’n dienssertifikaat;
  • bewys van jou bankbesonderhede;
  • mediese sertifikate, aannemingsbevele of doodsertifikate (afhangend van jou eis); en
  • voltooide registrasievorms.

Onthou, alle eise moet binne ses maande ná jou diensbeëindiging of die betrokke gebeurtenis ingedien word.

Wat moet jy doen as jou werkgewer weier om die UI-19-vorm te voorsien?

Soms is die grootste struikelblok nie die WVF nie, maar jou werkgewer. In só ’n geval: Stuur ’n formele e-pos en versoek die vorm.

  1. Rapporteer die saak by die Departement van Arbeid.
  2. Versamel ander dokumente soos jou indiensnemingkontrak, salarisstrokies en bedankingsbrief in.
  3. Indien nodig, dien ’n dispuut by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie in. Alhoewel Solidariteit nie namens jou ’n eis kan indien nie, kan ons jou help om die proses reg aan te pak.

Kontak ons Nelspruit-kantoor vandag nog!

• Danny Schutte Solidariteit Netwerkorganiseerder by 084 400 7555 danny@solidariteit.co.za.
• Tiaan Schoeman Solidariteit Netwerkorganiseerder by 082 497 1749 tiaan@solidariteit.co.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button