NELSPRUIT – Selfs in die Laeveld waar mense uitermate naby aan wilde gediertes leef, is dit nie aldag dat een mens ‘n skerpioen en ‘n slang in haar bed aantref nie. Monique Greyling (16), ‘n graad 11-leerling van Hoërskool Bergvlam, is die week in die hospitaal opgeneem na ‘n Mosambiekse spoeg-kobra haar in die oog gespoeg en op die hand gepik het. Dit terwyl sy in haar bed in haar ouerhuis in West Acres geslaap het.

Sy sterk goed aan in Rob Ferreira-hospitaal, maar moes Vrydag ‘n klein operasie ondergaan. Die prosedure was om ‘n abses te dreineer wat onder die vel op haar been gevorm het, waar dokters vermoed ‘n skerpioen haar Maandag, ‘n dag voor die slang-aanval, gesteek het. Lees die hele storie in die volgende uitgawe van Laevelder.
