Hard newsNews

Trichardt-monument gestroop

Metaalstropers skend bekende monument in die hoofstad.

NELSPRUIT – Die bekende wawiel of Trichardt-gedenkmonument in die middestad met sy historiese brons sonwyser, is oopgebreek en van alles gestroop.

Die loodkapsule wat sedert 1938 in die monument bewaar word en eers in 2038 oppgemaak moes word, is ook weg. Dis onseker wanneer die skending plaasgevind het. Die stadsraad se parkeafdeling het eers onlangs daarvan bewus geraak.

Die sogenaamde tydkapsule sou ondermeer historiese dokumente bevat om die Groot Trek se eeufees in 1938 te herdenk. Gewoonlik is die koerante van die dag in so ‘n tydkapsule geplaas asook objekte van historiese waarde – dikwels munte. Gerugte dat twee Transvaalse veldponde vir bewaring deur die nageslag in die kapsule in Nelspruit geplaas is, doen al lankal die rondte. Dit is egter onwaarskynlik dat die metaalstropers daarvan sou weet. ‘n Goue veldpond kan deedae tot ‘n miljoen rand stuk op die wêreld muntmark haal. Dis die mees gesogte munt ooit uit Suid Afrika. Minder as 900 daarvan is ten tye van die Anglo Boereoorlog deur die Boere self op Pilgrims Rest gemunt van die staatsgoud uit Pretoria wat later as die mistieke Kruger Miljoene bekend sou staan.

Die Historiese Belangegroep van Mpumalanga het sy telleurstelling oor die skending van ‘n erfenis baken uitgespreek. Dis ook ‘n toeriste aantreklikheid wat sy waarde verloor. ‘n Dingende beroep word op skroothandelaars gedoen om op die uitkyk te wees vir die sonwyser en dit liewer terug te besorg as om dit te vernietig.

Die monument is in ‘n goedversorgde skaduryke munisipale parkie langs Samora Machestraat voor die Orion Hotel by die Promonade Sentrum. Die hotel was vroeëer Nelspruit se stadsaal.

In plaaslike bewaringskringe was daar lank kommer oor die monument. Planne om die stadsraad te nader en die sonwyser en tydkapsule in veilige bewaring te plaas en die brons met ‘n harsnamaaksel te vervang, is nooit tot uitvoer gebring nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button