Hard newsHome pageNews

Jong man verdrink by karavaanpark

"Volgens inligting wat ons ontvang het, het die oorledene op klippe gegly, sy kop gestamp, onder die water verdwyn en nie weer opgekom nie."

KOMATIPOORT – Beamptes van die polisie se duik- en reddingseenheid op Witrivier is tans by ‘n toneel by die karavaanpark waar ‘n 28- jarige man enkele ure vantevore verdrink het.

Volgens kapt. Joey Potgieter, het die man en ‘n groep vriende op die laagwaterbrug oor die Nkomati-rivier gestaan en visvang. “Volgens inligting wat ons ontvang het, het die oorledene op klippe gegly, sy kop gestamp, onder die water verdwyn en nie weer opgekom nie. Ons is gevolglik ontbied.”

Sy liggaam is sowat ‘n uur vantevore uit die water gehaal en hy is op die toneel dood verklaar. Sy naam is bekend, maar word weerhou totdat sy naasbestaandes in kennis gestel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button