Hard newsNews

Vragmotor bars in vlamme uit op N4

Die omgewing was behoorlik in 'n kombers van rook toegevou en 'n plastiekagtige reuk het baie laat wonder wat die oorsaak was.

MBOMBELA – ‘n Vragmotorbestuurder se oggend het Sondag alles behalwe seepglad verloop toe sy voertuig in die bergkloof op die N4 in vlamme uitgebars het.
Die omgewing was behoorlik in ‘n kombers van rook toegevou en ‘n plastiekagtige reuk het baie laat wonder wat die oorsaak was. Dié vragmotor, wat tonne MAQ waspoeier vervoer het, het kort na middernag aan die brand geslaan en bolle rook die lug ingestuur.
Dit het owerhede ure geneem om die vuur te blus. Die presiese oorsaak is nog onbekend, maar volgens ‘n bron op die toneel blyk dit asof sy remme vasgeslaan het, waarna die bande aan die brand geraak het. Hoewel die sleepwa in puin gelê is, kon die voorhaker betyds gered word.
Een van die bane moes wel gesluit word, maar geen hewige vertragings is ondervind nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button