Hard newsNews

Inwoners steeds in die duister oor geslote poskantoor by Village

"Your call is important to us. Please be patient". Geen operateur was egter beskikbaar nie.

Wanneer die poskantoor by die Village-kompleks se deure weer oop sal wees, bly ‘n gewisse raaisel.

Inwoners het die afgelope week vrae begin vra nadat dié poskantoor se deure gesluit is.

Nelspuit Post het ondersoek ingestel en is deur die munisipaliteit ingelig dat dit egter nie die een by Village-kompleks is nie, maar wel die een in West Acres is wat gesluit is. Volgens die munispaliteit is die plek se elektrisiteit afgesny omdat die rekening nie deur hulle vereffen is nie.

Die koerant het Dinsdagoggend by West Acres se poskantoor besoek afgelê, maar is deur personeel ingelig dat hul krag nooit afgesny is nie.

“Ons elektrisiteitsrekening en huur word gelyktydig betaal en ons het nog die hele tyd krag,” het die werknemer wat anoniem wou bly, gesê.

Die koerant is na die poskantoor by Village-kompleks verwys, waar slegs ‘n nota met die nasionale skakelbord se telefoonnommer op die toe deur gevind is.

Dié nommer is verskeie keer geskakel, maar is slegs met die boodskap welkom geheet: “Your call is important to us. Please be patient”. Geen operateur was beskikbaar nie.

Volgens die munisipaliteit sal die elektrisiteit aangeskakel word sodra die poskantoor hul rekening vereffen.

Die boodskap op die deur by die poskantoor by Village-kompleks.
Die boodskap op die deur by die poskantoor by Village-kompleks.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button