Hard newsNews

Pumas hul punte kwyt na oortreding

Die Suid-Afrikaanse Rugby Unie (Saru) het Woensdag tydens 'n verhoor die span skuldig bevind nadat hulle reëls en spesifiek Regulasie 4.2 - 4.4 oortree het.

MBOMBELA – Die Pumas is nie net heel moontlik ‘n plek in die halfeindstryd van die Absa Curriebeker o/21 B-kompetisie kwyt nie, maar ook sekere wedstryd se ligapunte en het boonop ‘n boete van R200 000 wat 12 maande opgeskort is.

Dit stipuleer dat ‘n speler wat by ‘n klub geregistreer is, deur beide die klub én unie vrygestel moet word en ‘n kwytskeldingserifikaat moet opgestel word.

Volgens ‘n persverklaring deur die unie het spelers van die Valke wat by plaaslike klubs registreer is, vir die Pumas uitgedraf sonder dat die spelers uit die span vrygestel is. Vier van die spelers was glo hieraan skuldig.

Die klag is glo einde verlede week deur die besturende direkteur van die Valke, mnr. Jurie Coetzee ingedien, maar hy wou dit nie bevestig nie.

“Ek het ‘n klag by Saru ingedien maar waarom dit belangrik is om te sê wanneer, weet ek nie. Vier spelers is skuldig dat hulle die reëls oortree het, maar ek gaan nie verdere kommentaar lewer nie. As jy iets meer wil weet moet jy met die Pumas hieroor praat.”

Die besturenende direkteur van die Steval Pumas, mnr. Pieter Burger, het gesê dat die Mpumalanga Rugby-unie die reg het om ‘n appèl te rig.

“Ons raadpleeg ‘n advokaat in Pretoria en hoop om voor die naweek terugvoer te kry. As ‘n mens na die regtelike aspekte hiervan kyk, behoort die halfeindstryd glad nie plaas te vind nie.”

Die Pumas is na sewe wedstryde hulle punte op die punteleer kwyt en die Assupol Limpopo Blou Bulle kom Saterdag teen die ORC Griekwas te staan.

Die o/21’s was in 2010, 2011 en 2012 in die halfeindstryd van die reeks.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button