GRASKOP – Die wrak van die vliegtuig wat Vrydag met mnr. Jannes Scheepers aan boord vermis geraak het, is laatmiddag gevind.
Volgens mnr. Mark Jackson, ‘n vlieënier wat aan ‘n soektog vir die vliegtuig deelgeneem het, is die wrak sowat 20 kilometer (per lugrit) van Graskop gevind.
Scheepers het nie die ongeluk oorleef nie.
Lees ook: Plaaslike vlieëniers en reddingspanne soek na vermiste vliegtuig
Hy is die seun van die bekende plaaslike mond-en-kaak spesialis dr. Pieter Scheepers, het Vrydagoggend vroeg vanaf die Wonderboom-lughawe in Gauteng opgestyg. Hy het, na wat verneem word, ‘n pretvlug onderneem.
Verskeie plaaslike vlieëniers en lede van die polisie se honde- en watervleuel op Witrivier, het aan die soektog deelgeneem.
Spanne op die grond het omstreeks 16:30 aangekondig dat hulle die soektog vir die dag sou staak en more sou voortgaan.
Tyding is kort hierna ontvang dat die wrak van die vliegtuig gevind is.
Huldeblyke is besig om in te stroom op Facebook. Angelo Picoto, ook ‘n vlieënier, het ondermeer die volgende op Luan van Kraayenburg, Scheepers se stiefboetie, se profiel geskryf:
“My condolences go out today to Luan van Kraayenburg and his family for their loss, may God be with you guys in this hard time, RIP fellow pilot.
“Because I fly
I laugh more than other men
I look up an see more than they,
I know how the clouds feel,
What it’s like to have the blue in my lap,
to look down on birds,
to feel freedom in a thing called the stick…
“who but I can slice between God’s billowed legs,
Who else has seen the unclimbed peaks?
The rainbow’s secret?
The real reason birds sing?
Because I Fly,
I envy no man on earth.”
