
MBOMBELA – Twee plaaslike gesinne was die afgelope naweek slagoffers van gewapende rowe.
‘n Gesin in die Witrivier-area is Saterdag omstreeks 21:00 oorval deur ‘n onbekende hoeveelheid gewapende mans tydens ‘n braai. Nadat hulle in die huis ingeboender en vasgemaak is, is hulle huis geplunder. Die aanvallers is fort met ‘n groot aantal huishoudelike goedere, wat kruideniersware en ander waardevolle goedere insluit. Die verdagte is ook fort met twee van die gesin se voertuie – onder andere ‘n Toyota Hilux. Owerhede sê dat die verdagtes selfs die bak met braaivleis gesteel het. Geen ernstige beserings is tydens die aanval opgedoen nie. Te danke aan die samewerking van talle partye, is die voertuie op die Spitskop-pad herwin. Voordat die voetuie nog behoorlik tot stilstand gekom het, het die verdagtes uitgespring en gevlug. Voetspore is tydens die soektog gekry, asook ‘n vuurwapen wat vermoedelik in die aanval gebruik is.
In ‘n afsonderlike voorval is ‘n gesin van die Schagen omgewing Maandag deur drie gewapende mans aangehou en beroof. Die mans is fort met die gesin se Toyota Fortuner en ander waardevolle goedere soos selfone en televisies asook ‘n vuurwapen. Die mans was glo opsoek na ondermeer vuurwapens en kontant. Tydens die voorval is die man twee keer geskiet, en is na etlike minute se aanhousing, in Nelspruit Mediclinic opgeneem. Hy is volgens die woordvoerder van Mediclinic, mev. Robyn Baard, intussen opereer en uit die hospitaal onstlaan.
Owerhede het later inligting ontvang dat die voertuig in die rigting van die Onderberg onderweg was. Nadat onder andere Bossies Community Justice die voertuig agterna gesit het, is dit voorgekeer en herwin. Voordat die verdagtes vasgetrek kon word, is hulle die bosse in. Die gesteelde goedere is glo reeds elders reeds afgelaai.
Hoewel talle plaaslike inwoners saamgestaan het om owerhede te hulp te snel, kon die rowers daarin geslaan om weggekom. Volgens provinsiale woorvoerder van die polisie, sers. Gerald Sedibe is geen verdagtes nog in hegtenis geneem nie.
Hi-Tech Security het die volgende wenke verskaf:
• Meeste aanvalle vind plaas tussen 17:00 en 22:00, nog voordat deure gesluit of alarms geaktiveer is. Alarms behoort opgestel te word dat dit slegs buite geaktiveer kan word.
• Heinings is noodsaaklik om jou huis te beveilig, maar wees bewus daarvan dat booswigte ‘n sloot onderdeur kan grawe om toegang tot die perseel te verkry.
• Wees altyd op jou hoede en maak seker dat ‘n handwapen binne bereik is.
• Stel ‘n plan saam en vergewis jou gesin daarvan. Dit sluit die ligging van die paniekknoppie in.
• Toets jou alarmstelsel gereeld, maar stel jou buurman in kennis.
• Wees paraat op gewapende rowe wat in dié tydperk kan vermeerder.
