Hard newsNewsBreaking News

Vier mense beseer na vliegtuig val

Die vlietuig waarin hulle gereis het, het gister in die Timbavati geval.

HOEDSPRUIT – Die Cessna-vliegtuig het om ongeveer 14:00 Vrydag by die landingstrook van ‘n reservaat in die Timbavati geval.

Volgens Hoedspruit Mediese Reddingsdienste was die vlieënier, sy vrou en nog twee passasiers op pad van Gauteng na ‘n private kamp in die reservaat.

Dit was die vlieënier se eie vliegtuig.

Hy het die aanloopbaan gemis en toe hy poog om weer in te kom vir die landing het die enjin ingegee en die vlietuig het geval.

Volgens mnr. Pieter Papsdorf van die reddingsdiens het die passasiers hoofsaaklik kneusplekke opgedoen.

Die vlieënier is per helikopter Mediclinic Nelspruit toe geneem vir verdere ondersoek. Sy vrou is per ambulans vervoer.

Volgens Papsdorf is hulle nie ernstig beseer nie, maar weens die vlieënier se ouderdom van 79 jaar is daar besluit om hom so gou moontlik by die hospitaal te kry.

Die ander passasiers het ligte beserings opgedoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button