Hard newsLocal sportNewsSport

Rugbyspeler se spinnekopbyt erger as verwag

Die senter, Hennie Skorbinski is nie in die Steval Pumas se 22-tal vir vanaand se wedstryd teen die SWD Arende ingesluit nie, weens vermoedelik 'n spinnekopbyt aan sy linkerwysvinger.

“Verlede Woensdag het ek ‘n klein rooi knoppie op my vinger opgemerk, maar gedink dit is tien teen een ‘n ingroeihaar. Ons spandokter, Kobus Hugo het aangeraai dat ek vir drie dae op ‘n drip gesit word,” vertel Skorbinski.

Die 25-jarige was deel van die beginspan Vrydagaand teen die Hino Valke. “Met die stampe en stote het die knoppie groter geraak en ek is die volgende oggend opgeneem en Maandag is ek geopereer waar die weefsel wat besmet is, uitgesny is.”

Volgens ‘n mediese verslag wat die Pumas Maandag uitgestuur het, sou hy beskikbaar gewees het vir die kragmeting in George, maar word vanoggend opgeneem om die oop wond toe te werk. Die verslag dui ook aan dat hy die “infeksie in die handverskeuring op die Pumas se toer in Zimbabwe” sowat ‘n maand terug opgedoen het, wat nie die geval is nie.

Hy mag vir 10 dae aan geen kontaksport deelneem nie, maar behoort vir die derde ronde van die Curriebeker-kwalifiserende ronde reg te wees om te speel.

Hennie Skorbinski.
Hennie Skorbinski.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button