Hard newsNews

André Laubscher saga kom tot ‘n einde

Van die ses klagtes teen hom, is hy op slegs een skuldig bevind.

MBOMBELA – Die André Laubscher-saga is op 14 Maart in die Nelspruit Landdroshof beëindig toe hy skuldig bevind is aan diefstal.

Van die ses kriminele klagtes wat sedert 2011 teen hom aanhangig gemaak is, het net hierdie een tot ‘n skuldigbevinding gelei.

Laevelder het verlede jaar berig dat Laubscher onder andere op twee diefstalklagtes tereggestaan het. Hy het glo ‘n ‘n trekker in besit geneem sonder om die koopprys daarvoor ten volle te betaal. Dit is deur polisiewoordvoerder sers. Gerald Sedibe aan Laevelder bevestig. Die klaer en ondersoekbeampte in die saak het gesê dat Laubscher hul telefonies geintimideer het en hy is van crimen injuria en intimidasie aangekla.

Mnr. Johan Cronjé, ‘n bekende in die plaaslike gemeenskap, is in Maart verlede jaar saam met Laubscher aangekla. Cronjé het enige betrokkenheid by die voorval in ‘n verklaring ontken het en kort na sy eerste hofverskyning selfdood gepleeg.  Die sake waarby Cronjé betrek is (crimen iniuria, diefstal en intimidasie) is almal teruggetrek.

Die voorval wat tot Laubscher se skuldigbevinding gelei het, het in 2011 plaasgevind. Polisiewoordvoerder kapt. Dawie Pretorius het aan Laevelder bevestig dat die klaer, ‘n mnr. SE Mabuza, sy Mercedes-Benz, aan Laubscher verkoop het. “Hy (Mabuza) het nooit die volle koopprys van die voertuig ontvang nie. Die voertuig se onderdele is stuk-stuk verkoop,” het Sedibe voorheen aan Laevelder gesê. Nadat Laubscher aan diefstal van die Mercedes-Benz skuldig bevind is, is hy tot ‘n opgeskorte gevangenisstraf van drie maande gevonnis. Hy moet ook ‘n bedrag van R50 000 aan Mabuza terugbetaal. Die bedrag sal oor nege paaiemente afbetaal word. Laevelder het Mabuza telefonies probeer opspoor, maar kon hom teen druktyd nog nie in die hande kry nie.

Lees ook: Voormalige Radio Laeveld omroeper gearresteer

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button