Hard newsNews

West Acres afgrond nie meer ‘n bedreiging

Huiseienaars voel nou meer gerus.

‘n Afgrond wat ‘n jaar gelede gedreig het om wonings in Asbestosstraat uit te wis, is danksy die munisipaliteit nou minder van ‘n bedreiging.

Waar die afgrond in Februarie 2015 tot teenaan die erf van van mnr. Chris en me. Trysie Roux beweeg het, is daar vandag ‘n afstand van tussen 15 en 35 meter tussen hulle woning en die afgrond, waarvan die grondvlak tussen drie en vyf meter hoër as ‘n waterstroompie in West Acres se vleiland is.

Hierdie vleiland grens ook aan Laerskool Laeveld. Nelspruit Post het in 2015 berig dat die Roux-egpaar se huis op ‘n donga uitgekyk het wat boomwortels en elektriese kabels ontbloot het.

Hulle het gedurig toegekyk hoe die afgrond nader aan hul huis gekruip het.

Lees ook: Foto’s van die afgrond.

Lees ook: Die afgrond wat West Acres bedreig.

Trysie het destyds aan die koerant verduidelik dat bouwerk deur die skool van stapel gestuur is wat die natuurlike watervloei van stroomwater naby hulle erf verander het.

Reënwater het met verloop van tyd erosie meegebring, wat veroorsaak het dat groot stukke grond weggewerk is.

Die gevolglike naderskuiwende afgrond het daartoe gelei dat kragkabels wat veronderstel was om ondergrond te wees, sigbaar geword het.
Alhoewel die munisipaliteit aanvanklik gesloer het om met ‘n oplossing vorendag te kom, het Trysie verlede week aan Nelspruit Post bevestig dat die probleem al ‘n geruime tyd gelede opgelos is.

“Hulle het die grond kom opvul. Daar is ‘n afgrond, maar (dit is) baie ver van ons af,” het sy laat weet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button