Hard newsNews

Gaps van Grand-Pa’s nou ‘n groot kopseer vir vrou

Daar's min dinge wat 'n hoofpyn so 'n uitklophou kan gee soos 'n Grand-Pa.

Daardie wit poeier in die bekende wit en blou papieromhulsel werk net so effektief as wat dit aaklig smaak.

Wat geen Grand-Pa-drinker verwag nie, is dat een van hierdie pakkies poeier ook hoofbrekens kan besorg nie.

Vir me. Darlene Engelbrecht van Sonheuwel het ‘n dosyn Grand-Pa’s juis dit geword – ‘n kopseer. Dié 47-jarige vrou is op 29 Maart gearresteer nadat sy glo 12 van hierdie poeiers probeer gaps het.

Volgens die klagstaat wat in die Nelspruit Landdroshof geliasseer is, het die voorval in ‘n SPAR-supermark aan die westekant van die stad plaasgevind.

Engelbrecht is op 30 Maart aangekla. Sy het betoog vir borg van slegs R200, maar staatsaanklaer mnr. Oupa Ndlovu het gemeen dat dit gans te min was vir so ‘n ernstige misdryf. Engelbrecht is op borg van R300 vrygelaat. Sy moet op 4 Mei weer in die hof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button