Hard newsNews

Laeveldse onderwyser deur polisie ondersoek na beweerde aanranding

Die voorval het glo by Laerskool Witrivier se skoolkoshuis plaasgevind.

WITRIVIER – Die Nasionale Vervolgingsgesag het nog nie besluit of ‘n onderwyser van Laerskool Witrivier wat ‘n leerling glo op 5 September aangerand het, aangekla moet word nie. Dit is gisteroggend deur polisiewoordvoerder AO Gugu Phiri bevestig.

Die polisie ondersoek die voorval wat glo by die skoolkoshuis plaasgevind het. Die leerling is glo deur die betrokke onderwyser gevra om die eetsaal te verlaat as gevolg van beweerde wangedrag. Terwyl die leerling aanvoer dat die onderwyser hom fisies te lyf gegaan het, meen die skool dat hy buite die eetsaal gestruikel en geval het nadat hy daar uit is. Beheerliggaamvoorsitter mnr. Jaco Weitz het aan Laevelder gesê dat ‘n ondersoek na afloop van die voorval geloods is.

Lees ook: Young ballerina a dancing miracle

“Ooggetuies is ondervra en verklarings bekom. So ook is die uitgewysde onderwyser ondervra,” het hy gesê. Weitz het gesê dat hulle die kind se weergawe van sy ouers af wou bekom, maar dat hulle verteenwoordigers nie te woord wou staan nie. “Dus is die leerling se weergawe soos tydens eerste rapportering gebruik,” het hy gesê.

Alhoewel die onderwysdepartement van die voorval verwittig is en dit tans ondersoek, is geen dissiplinêre stappe teen die onderwyser geloods nie.

Weitz voer aan dat die onderwyser, volgens hul rekords, nog nooit by die skool dissiplinêr verhoor is nie.

Laevelder word regtens daarvan weerhou om hom te identifiseer, tensy hy in die hof verskyn. Die kind se ouers het aan Laevelder gesê dat die skool se weergawe volgens hul kennis grootliks onwaar was. “Die aangeleentheid is by die korrekte instansies gerapporteer en ons vertrou dat dit in diepte ondersoek sal word,” het sy ma gesê. Hulle wou nie verder kommentaar lewer nie, maar het wel bevestig dat hulle sal “voortgaan om op te tree in die beste belang van hul kind.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button