Video: Jong hiënas vreet aan volwasse hiëna naby Krugerhek
Is die hiëna wat naby die Krugerhek op die teerpad lê slagoffer van 'n spoedvraat of het die natuur sy gang geneem?
SKUKUZA – Spekulasie is aan die orde van die dag of die karkas van ‘n hiëna wat vanoggend net na 06:00 drie kilometer van die Krugerhek deur ‘n gids opgemerk is, deur ‘n spoedvraat doodgery is.
Quintin van der Merwe, bekende toergids en natuurlewefotograaf, het ‘n video van die toneel geneem waar die volwasse hiëna deur jonger hiënas van die pad gesleep en gevreet word.
Van der Merwe is ‘n ervare gids en meen die voorval kan aan drie moontlikhede toegeskryf word.
“Dit kan of ‘n geval wees waar die hiëna wel deur ‘n motoris raakgery is. Maar die waarskynlikheid is ook hoog dat ‘n leeu of ‘n luiperd die hiëna kon doodgebyt het. Groot katte sal nie ‘n hiëna as eetbare prooi sien nie. Dit kon selfs gebeur het dat daar gevegte tussen die hiënas was en dat die hiëna laer in die hiërargie is en deur ander hiënas doodgebyt is,” verduidelik Van Der Merwe.
Van der Merwe sê dit is nie vir hom vreemd dat jonger hiënas aan die karkas kom vreet het nie.
“Hiënas eet hul eie soort. Ek het dit al dikwels waargeneem.”
Kyk hier na die hiënas wat meer simpatie met mekaar gehad het
Kyk hier na ‘n hiëna wat ‘n plan gemaak het om oor die weg te kom
