Hard newsLocal newsNews

Swart renostertjies smul hul eersdaags vet aan spekbome

Swart renostertjies by 'n renosterweeshuis gaan een van die dae spekboomblare soos lekkers van die gesonde "stofsuier van die lug" kan afvreet. Lees meer oor vyf eienskappe van die wonderplant.

MBOMBELA – Swart renosterwesies by ‘n renosterweeshuis, Care for Wild Africa, gaan iewers in die toekoms heerlik kan smul aan die meer as 1250 spekboompies wat onlangs naby aan hul bomas geplant is om ‘n ruigte te vorm.

Meer as ‘n 1000 spekbome gaan ‘n ruigte vorm waar swart renosters heerlik aan die gesonde snoepery kan smul.

“Die swart renosters hou daarvan want hulle eet so graag van struike af en knibbel heerlik aan vetplante asof dit lekkers is,” wys Petronel Nieuwoudt , bestuurder van CFW, uit.

SIEN hoe ‘n renostertjie deur mond tot mond asemhaling gered is

Vele van die renosterwesies van die Nasionale Kruger Wildtuin (NKW) vind hier ‘n tuiste en het nou die smaaklike vooruitsig.

Petronel Nieuwoudt (wit hoed) maak seker die wesies kry ook hul spesiale formule bottelmelk.

LEES meer oor die dag toe Prins Harry by die wesies kom inloer het

Die projek is deel van Food and Trees for Africa , The Good Work Foundation en Konica Minolta South Africa se ondersteuning vir die renosterweeshuis.

Mango, die dwergmuishond, is die vrywilligerwerkers van die wesies se gelukbringer en het netso hard aan die spekboompies geplant.

Vyf dinge wat jy van spekbome moet weet

  • ‘n Spekboom verminder koolstofdioksied 10 keer meer doeltreffend as ‘n boom in ‘n tropiese reënwoud.
  • Die bome is vuurbestand en kan warm Laeveldsomers uitstaan.
  • Dit is ryk in mangaan, kobalt en magnesium en bevat mikro-elemente wat as anti-oksidante dien.
  • Dit proe soos suurlemoene.
  • Spekbome is ‘n vetplantspesies wat van alle plante die meeste koolstofdioksied uit die lug na suurstof kan omskakel.

KYK na hoe die hardebaarde van ‘n motorfietsklub onlangs hul besoek aan die renosterwweshuis geniet het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button