EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Mej. The Heads aangewys

The Heads inkopie-sentrum by die Sterkspruit uitbreiding het onlangs ‘n baie opwindende kompetisie aangebied. Volgens me. Adri Taljaard, een van die organiseerders van die Mej. Heads Lydenburg kompetisie het hulle gepoog om bietjie opwinding vir die dorp aan te bied.

Annemarie Labuschagne, die wenner van Mej. Heads Lowina Baungart, Matilda Machubeng, Sisca Britz en Francois du Plessis
Annemarie Labuschagne, die wenner van Mej. Heads Lowina Baungart, Matilda Machubeng, Sisca Britz en Francois du Plessis

LYDENBURG – The Heads inkopie-sentrum by die Sterkspruit uitbreiding het onlangs ‘n baie opwindende kompetisie aangebied.
Volgens me. Adri Taljaard, een van die organiseerders van die Mej. Heads Lydenburg kompetisie het hulle gepoog om bietjie opwinding vir die dorp aan te bied.
“Vroeër jare was daar kompetisies vir Mej. Lydenburg en ander titels, maar dit het doodgeloop. Ons het besluit om ‘n kompetisie te hou en ‘n meisie te kroon wat dié inkopie-sentrum sal verteenwoordig en as die gesig van The Heads sal dien.”
Die kompetisie was ook in die gees van Nationale Vrouedag aangebied. Die wenner en gesig van die inkopie-sentrum is Lowina Baungart en volgens Taljaard het sy reeds met ‘n blikkieskos- en klere-projek begin by die sentrum.
Sy meen ook dat dié kompetisie ‘n jaarlikse instelling kan word. “Ons sal volgende jaar net vroeër beplan en vroegtydig adverteer.”

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button