Local newsNews

Ontwerper vir haar harde werk beloon

'n Grafiese ontwerper van Laeveld Media, Chantel Olivier is Donderdagaand by die Mark’it Showcase as die algehele wenner in vanjaar se Red Aloe Awards gekroon.

Sy stap nie net met ‘n stewige tjek ter waarde van R10 000 weg nie, maar óók as
die wenner in die korporatiewe identiteit- en drukmedia afdelings.
Chantel het glad nie verwag dat sy op die einde so goed sou doen nie. “Die kompetisie was baie straf – neem byvoorbeeld Barry Odendaal van Mopanie in ag. Sy ontwerp was ongelooflik én hy is al jare in die bedryf. Toe ek hulle inskrywings gesien het, het ek gedink, wow! hulle ontwerpe is regtig goed. Hulle het my naam met die eerste kategorie (drukmedia) uitgeroep en ek was verbaas, maar met die
tweede roep in die korporatiewe ideniteit, was ek geskok,” het sy vertel.
Die beoordeelaars het haar naam ‘n derde keer geroep, en die keer as
algehele wenner. Sy vertel dat sy sommer in trane uitgebars het. Sy meen dat
haar konsep die beoordeelaars se oog gevang het. “Ek het ‘n Donderdagmiddag ‘n
Creative Masterclass van Pepe Marais bygewoon. Hy was die anonieme beoordeelaar.
Dit was hy ons geleer en wys het, het ek in my ontwerpe toegepas.”
Sy is nog nie seker wat sy met die prysgeld gaan doen nie, maar het ‘n paar idees. “Ek
besluit nog hoe ek my prysgeld wil spandeer, maar ek wil graag ‘n nuwe
sitkamerstel aankoop, of die geld op ‘n lekker vakansie blaas of my dogtertjie
bederf.”
Dié projek het deure vir haar vir die toekoms oopgemaak. “Daar is baie moontlikhede wat ek oorweeg soos om dalk saam met TSB te werk. By Laeveld
Media het ek in die nege jaar wat ek hiér werk, só baie gegroei en ek het ook die geleentheid gehad om saam met Innibos te werk wat klaar ‘n groot eer is. Van hier af kan ek net aanhou groei en leer. Mens is nooit te oud om iets nuuts te leer nie.”
Haar boodskap vir jong ontwerpers:
Ek hoop ek kan ander Laeveld-ontwerpers inspireer om volgende jaar in te skryf vir die Red Aloe Awards. Moet nooit dink jy is nie goed genoeg nie, woeker met jou talente, wees positief, vat ‘n kans en jy kan die vrugte werp van jou harde werk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button