FOTOGRAFIEKLUB SKITTER
LYDENBURG – Des Jacobs, plaaslike fotograaf en lid van die Longtom Fotografieklub, het geskitter tydens die Noord- Oos Provinsiale kongres wat in Chrissiesmeer gehou is. Hy het ‘n derde plek in die monochroom-afdeling verower met ‘n foto wat by die Aartappelraad op die Longtompas geneem is. Hy is ook onder die top-10 geplaas met ‘n …
LYDENBURG – Des Jacobs, plaaslike fotograaf en lid van die Longtom Fotografieklub, het geskitter tydens die Noord- Oos Provinsiale kongres wat in Chrissiesmeer gehou is.
Hy het ‘n derde plek in die monochroom-afdeling verower met ‘n foto wat by die Aartappelraad op die Longtompas geneem is. Hy is ook onder die top-10 geplaas met ‘n kleurfoto wat ook daar geneem is. Bo en behalwe dié prestasies is hy ook met drie salon aanvaardings vereer. Al Des se foto’s is in die omgewing geneem. Lani Visser het ook ‘n salon-aanvaarding in die ope-afdeling ontvang.
Die voorsitter van die klub, ds. Willie Botha sê Des is al vir jare ‘n uitstekende fotograaf en geniet wyd erkenning vir sy foto’s wat al in koerante en tydskrifte verskyn het. As lid van Longtom Fotografieklub is ons baie trots op hom. Die foto’s is van hoogstaande gehalte. Ons wens ook vir Lani Visser geluk. Longtom Fotografieklub is voorwaar trots op hierdie lede.
