‘n Bielie van ‘n boerewors-kompetisie!
Die jaarlikse Maroela Makiti hou boerewors-kompetisie.

Vanjaar se Maroela Makiti (31 Januarie – 1 Februarie) behels nie net vermaak vanuit die boonste rakke nie, maar ook ‘n eerste Bielie Boerewors-kompetisie.
Lees meer oor die makiti hier, of dink aan ‘n goeie slagspreuk en wen VIP-kaartjies na die fees hier.
Het jou slaghuis die Bielie Boerewors-wenresep? Hierdie kompetisie is vir boerewors-liefhebbers van alle oorde en nooi elke slagter uit om sy 100% boerewors te maak en in te skryf vir die titel van Bielie Boerewors Koning 2014!
Die kompetisie vind plaas op Vrydag 31 Januarie 2014 om 16:00 by die Maroela Makiti-feesterrein, Hoërskool Bergvlam.
Pryse:
Die wen slaghuis/individu stap weg met verskeie pryse, maar die groot prys is ‘n bemarkingsgeleentheid ter waarde van R7 000 op Radio Laeveld. Dit sluit in die produksie van die advertensie, ‘n promosiegesprek van 10 minute en drie advertensies vir die tydperk van een maand.
Die prys wat geld nie kan koop nie, is natuurlik die titel van Bielie Boerewors-koning, met ‘n wisseltrofee en ‘n berig om die hele Laeveld te wys watter slaghuis die beste wors ind ie dorp verkoop!
Reëls:
• Deelnemers word gevra om asb ‘n geselekteerde braaier en 10kg van hul Bielie Boerewors op Vrydag 31 Januarie om 13:00 na die feesterrein te bring.
• Hulle kry dan die geleentheid om 1kg van daardie wors te braai en die beoordeelaars te beindruk. Die ander 9kg word geskenk aan die kerk om te verkoop en sodoende te kan uitreik na die gemeenskap.
• Brikette en een braaier word verskaf per deelnemer.
• Slegs skaapderm word toegelaat.
• Ten minste 90% van die boerewors moet vleis bevat nl. bees, skaap, vark of ‘n kombinasie van al drie.
• Nie meer as 30% van die inhoud mag uit vet bestaan nie.
• Behalwe die velisinhoud, mag slegs die volgende bestanddele gebruik word: asyn, speserye, kuie en onskadelike geurmiddels, water, graanprodukte soos broodkrummels en hawermout mag gebruik word as bindmiddels.
• Geen pryse mag verruil word vir kontant nie.
• Die beoordeelaars se beslissing is finaal en nie onderhandelbaar nie.
• Inskrywings sluit Woensdag 29 Januarie 2014.
Skryf in:
• Inskrywings kan ook gestuur word aan Anne Thornhill – 083-635-2007, faks by 086-240-2518- of epos haar by events@mbpromark.co.za
