Editor's choiceEntertainmentLifestyleLocal newsNews

Vermaak vir die hele gesin

Die dag sluit meer as net ‘n 4x4-kompetisie in. Die geleentheid voorsien aan alle ouderdomme vermaak

BURGERSFORT – Die jaarlikse Wildevy 4×4-gesinsdag stap al hoe nader. Die geleentheid vind op 25 Julie by PLM Boerdery, sowat 10km buite Burgersfort op die R37 plaas.

Die dag sluit meer as net ‘n 4×4-kompetisie in. Die geleentheid voorsien aan alle ouderdomme vermaak. Deelnemers kan na verskeie uitstallings, helikoptervlugte, kindervermaak soos pretritte, inkleurkompetisies en ‘n Arty Tots-werkswinkel uitsien. Daar sal ook verskeie stalletjies beskikbaar wees. Heerlike drink- en eetgoed, ‘n biertuin en musiek deur Hans Drommedaaris, Henri Alant en Charné Grabie word aangebied.

Nog heerlike vermaak sluit die Wildevy-bergfietskompetisie in wat al sedert 2012 bestaan. Die roetes sluit ‘n 70km, 35km, 20km en 2km vir bergfietsliefhebbers in.

Die Wildevy 4×4-roete laat slegs 100 inskrywings vanjaar toe. Om deel te neem of om te sien wat die dag alles aanbied, besoek gerus die Wildevy-webwerf by www.wildevy4x4.co.za of skakel Ilze Pretorius by 013-231-7499.

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button