EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Skop vanjaar se feesseisoen af in styl

'n Ware hoogtepunt op Laevelders se kalender wat beslis nie misgeloop moet word nie.

MBOMBELA – Die opgewondenheid is reeds tasbaar vir vanjaar se Kersloffees wat op 29 November by I’langa Mall sal plaasvind – ‘n ware hoogtepunt op Laevelders se kalender wat beslis nie misgeloop moet word nie.

Senior burgers word reeds vanaf 10:00 by die mall met ‘n koppie tee en gratis lewende vermaak bederf. Citybug sorg hier dat alle bejaardes veilig by hul bestemming sal aankom. Vertonings sluit plaaslike kunstenaars Vasti en Geraldine in en word gevolg deur Cordelia en Rudi Muller.

Begin vanjaar se feesvieringe vroeg met die hoofkonsert wat om 16:30 afskop. Hier kan feesgangers van alle ouderdomme vertonings deur welbekende kunstenaars soos Jannie Moolman, Andre Schwartz, Corlea en Rudi Muller verwag.

Robin Jansma van Radio Laeveld sal beide geleenthede afskop. Die voorlopige aandprogram sluit weer plaaslike kunstenaars Vasti en Geraldine in, waarna Rudi Muller en Cordelia ook weer sal optree. Een van die hoogtepunte van die aand sal waarskynlik wees wanneer Andre Schwartz, Jannie Moolman en Corlea die verhoog betree.

Kos sal op die perseel te koop aangebied word en onthou om jou eie stoele te bring. Die fees word weer vanjaar by I’langa se onderdakparkering aan Mercure Hotel se kant gehou. Toegang is R20 wat aan KANSA geskenk sal word. Navrae: 013-754-1715.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button